Validation Of Key Relationships In An Extended Service-Profit Chain Model In The South Africa Retail Industry Context
Abstract
Die doel van hierdie studie was om ‘n uitgebreide konseptuele model te toets wat gehipotetiseerde verwantskappe voorstel tussen werknemer-ervaarde klimaat, kliënt-ervaarde waarde en finansiële prestasie. Vraelyste wat werknemer-ervaarde klimaat en kliënt-ervaarde waarde meet is voltooi deur meer as 1200 werknemers en meer as 2000 kliënte van ‘n enkele kleinhandelaar wat landwyd byna 100 winkels regoor Suid-Afrika bedryf. Die hoofbevindinge is dat sommige komponente van werknemer-ervaarde klimaat positief verwant is aan kliënt-ervaarde waarde in terme van beide produk en verhoudingsgehalte. Daar was egter geen beduidende verband tussen kliëntervaarde waarde en die finansiële prestasie van die organisasie nie.

