The Evaluation Of An Insourced Employee Assistance Programme
Abstract
Opsomming
Werkgewers wêreldwyd toon waardering vir die toenemende behoefte aan maksimum werknemerproduktiwiteit en doeltreffendheid in ‘n globale ekonomie. In lande met arbeids- en vaardigheidstekorte, is die strategiese waarde van werknemerwerwing en -behoud krities. Werkgewers gebruik dus werkplekdienste, soos Werknemerbystandsprogramme (EAPs) en ander verwante programme, om die algehele menslikehulpbronstelsels te verbeter. Maar die blote ingebruikneming van ‘n EAP is opsigself nie genoegsaam om al die bogenoemde te bereik nie. EAPs is selde suksesvol, indien dit nie korrek geïmplementeer word nie en behoort om hierdie rede geëvalueer te word ten einde hulle doeltreffendheid te demonstreer. Ten einde die bogenoemde te bereik, is die teenswoordige studie ontwerp met die oorkoepelende oogmerk om die ingekontrakteerde werknemerbystandsprogram (EAP) oor ‘n periode van een jaar te evalueer in terme van impak- en effektiwiteitsbeoordeling. Die metodologie en die resultate van die studie word in die artikel aangebied.

