The Stages Of Users’ Concern When Adopting New Technology
Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie was om te bepaal of gebruikers deur verskillende fases van aanvaarding beweeg wanneer nuwe tegnologie ingebruik geneem word, en of sekere demografiese eienskappe soos byvoorbeeld ouderdom, die spesifieke afdeling waarin die individu werksaam is asook die duur van die gebruik van die tegnologie, die fase van aanvaarding van nuwe tegnologie affekteer. Die steekgroep het bestaan uit werknermers in die oliebedryf, naamlik 25 Finansiele werknemers van organisasie A, en 32 Kliente Dienssentrum werknemers asook 22 werknemers van die Logistieke Afdeling van organisasie B. Resultate het gewys dat die meerderheid van gebruikers, fase 1/2 of fase 4/5 bereik het. Geen statisties beduidende verband tussen, ouderdom, afdeling en duur van gebruik van nuwe tegnologie is gevind nie.

