The Discriminant Validity Of The Culture Assessment Instrument: A Comparison Of Company Cultures
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om die diskriminante geldigheid van die ‘Culture Assessment Instrument’ (CAI) te beoordeel; dit is om tussen gemiddelde kultuurtellings van verskillende ondernemings te onderskei. Die geleentheidsteekproef het bestaan uit 4066 respondente uit vyf verskillende ondernemings afkomstig uit verskeie industrieë. CAI-tellings van 56 items is op twee vlakke gefaktoranaliseer, gevolg deur iteratiewe itemontledings. Beduidende verskille tussen ondernemings se gemiddelde kultuurtellings is gevind, maar slegs ’n klein proporsie van die variansie in die tellings kon aan kultuurverskille toegeskryf word. Gebaseer op hierdie bevindinge, is daar tot die slotsom gekom dat die CAI in sy huidige vorm nie oor diskriminante geldigheid beskik nie. Daar is aanbeveel dat items gerig op dieper kultuurvlakke, gebaseer op Schein se drievlaktipologie, tot die instrument gevoeg word.

