Measuring A Customer Intimacy Culture In A Value Discipline Context
Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie was om ’n vraelys te evalueer vir die beoordeling van ’n kliëntintimiteitskultuur in die waardedissipline konteks. Die hoofopname is voltooi deur ’n gerieflikheidsteekproef (N = 200) van permanente personeel in lyn, middel- en topbestuursvlakke van ’n organisasie in die vermaaklikheidsbedryf te gebruik. Dié steekproef is geneem vanuit personeel in gestruktureerde ontwikkelingspaaie wat geskeduleerde opleidingsgeleenthede bygewoon het. Die 169 voltooide vraelyste wat terugontvang is, is vir die finale dataontleding gebruik. Weens die klein steekproefgrootte, is ’n aangepaste prosedure vir eerste- en tweedevlakfaktorontleding gebruik, gevolg deur ’n iteratiewe itemontleding. Die voorlopige bevindinge dui daarop dat die vraelys toegepas kan word vir die beoordeling van ’n kliëntintimiteitskultuur.

