English Language Proficiency As An Indicator Of Academic Performance At A Tertiary Institution
Abstract
Opsomming
Die doel van die ondersoek was om die impak van Engelse taalvaardigheid op akademiese sukses van Swart en Indiese eerstejaarstudente in menslike hulpbronbestuur aan ’n tersiêre instelling te ondersoek. Studente wat vir die periode tussen 1996 en 2002 ingeskryf was, is in die studie betrek. Statistiese toetse vir verskille tussen gemiddeldes is toegepas. Die Indiese groep het beduidend beter taalvaardigheid as hulle Swart eweknieë openbaar. Die hipotese dat Engelse taalvaardigheid met akademiese sukses verband hou, blyk substantief korrek te wees.

