Determining The Factors Causing Human Error Deficiencies At A Public Utility Company
Abstract
Opsomming
Neff (1977) soos aangehaal deur Bergh (1995), skryf dat in die westerse kultuur werk belangrik vir bedryfsgeestesgesondheid is. Die meeste persone ervaar werk as positief, wat ’n positiewe gesindheid kweek. Indien hierdie positiewe gesindheid geïnhibeer word, kan dit lei tot ’n gebrek aan konsentrasie by die werkers. Werkers kan verveeld raak en dit kan weer lei tot menslike foute. Die doel van hierdie navorsing is om die faktore vas te stel wat tot menslike foute lei, en wat bydra tot onderbrekings in kragvoorsiening by Eskom kragstasies. Voorstelle is gemaak vir die vermindering van hierdie bydraende faktore ten einde die kragaanleg se prestasie te verbeter. Die teiken-populasie was 700 paneel-operateurs in die Kragopwekkingsgroep by Eskom. Die resultate dui daarop dat die faktore wat aanleiding gee tot menslike foute wel verminder, of geëlimineer kan word.

