Critical Competencies To Promote A Customer Service Core Capability In A Human Resources Call Centre
Abstract
Opsomming
In vandag se inligtings-intensiewe omgewing is kliëntediens ’n belangrike aspek wat organisasies van mekaar onderskei. Hierdie navorsing fokus op welke individuele bevoegdhede tot ’n kliëntedienssleutelbekwaamheid in ’n Menslikehulpbron-oproepsentrum sal lei. Data is van Oproepsentrumagente (n=18), -toesighouers (n=3) en -kliënte (n=25) ingewin deur middel van onderskeidelik vyf fokusgroep-, drie individuele- en 25 telefoniese onderhoude. Die transendentale realisme navorsingsprosedure is binne ’n kwalitatiewe navorsingsparadigma toegepas. Tien sleutelbevoegdhede is deur al drie groepe deelnemers geïdentifiseer.

