Transformation Of Managerial Skills Of Engineers
Abstract
Opsomming
Hierdie artikel debateer die verskil in leierskapstyle tussen ervare en onervare ingenieurs in Suid-Afrika. Dit is bevind dat ervare ingenieurs meer transformasioneel en meer transaksioneel is wanneer vergelyk word met onervare ingenieurs. Om hierdie studie te demonstreer, het die navorser gebruik gemaak van die Multifaktor Leierskapvraelys (MLV) van Bass en Avolio (1995) om leierskapstyl te identifiseer Die argument word verder ondersteun deur die resultate van statistiese analise van leierskapstyl wat uitgevoer is op 85 deelnemers, beide van ervare en onervare ingenieurs in totaal.

