Factors Influencing A Customer-Service Culture In A Higher Education Environment
Abstract
Opsomming
Die hoëronderwysomgewing is besig om betekenisvol te verander, en die fokus is besig om na mededingendheid en kliëntesorg te verskuif. Die rol van organisasiekultuur en werksbevrediging in die lewering van hoëgehaltekliëntediens is in hierdie studie ondersoek. Daar is aanduidings dat daar ’n verband tussen organisasiekultuur en leerdertevredenheid is, maar dit het geblyk dat daar nie ’n betekenisvolle verband tussen werksbevrediging en leerdertevredenheid is nie. ’n Evaluering van ’n voorgestelde leerdertevredenheidsmodel het interessante dinamika wat die verhouding tussen die kerndimensies van die studie beïnvloed, aan die lig gebring.

