Factors Driving Changes To Remuneration Policy And Outcomes
Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie studie is om die relatiewe belangrikheid van die faktore wat verandering in die vergoeding besluitnemingsbeleid dryf asook die impak wat dit op organisasie het in diepte te verstaan. Data van 148 organisasies is geanaliseer onderworpe aan streng statisiese analises. Die resultaat wys dat die mees kritieke drywers vir vergoedingsbeleid die volgende is: retensie van sleutelpersoneel, finansiële resultate en organisasie strategie. Die grootste veranderinge in vergoedsbeleid was in die volgende areas: veranderlike betaling, meriete/prestasie verwante betaling, markposisie, totale pakket en rolevaluasie/‘broadband’ beleid? Sterk korrelasie is gevind tussen die vlak van verandering in die vergoedingsbeleid en die impak op die organisasie. Dit wys onder andere uit hoe groter die verandering in vergoedingsbeleid, hoe groter die impak op die organisasie.

