The Assessment Of Intellectual Capital (Ic) In The South African Context – A Qualitative Approach
Abstract
Opsomming
Die doel van hierdie artikel is om verslag te doen oor die ondersoek na Intellektuele Kapitaal (IK) soos voorgestel deur vakkundiges en navorsingsgroepe, teen die agtergrond van die Suid Afrikaanse situasie. ’n Poging is aangewend om tersaaklike terminologie te verklaar, ’n model en metodologie vir Suid Afrikaanse aanwending te ontwikkel, en dit sowel as die status van IK in die Suid Afrikaanse omgewing te ondersoek deur middel van ’n kwalitatiewe metodologie, naamlik fokusgroepe. IK in Suid Afrika is steeds in die kinderskoene. Modelle en metodologieë ontwikkel in ander lande kan egter met aanpassings aangewend word vir aanwending in die Suid Afrikaanse omgewing.

