Factors Affecting The Retention Of Knowledge Workers
Abstract
Opsomming
Een van die eienskappe van kenniswerkers is hulle hoë vlak van mobiliteit. Die koste van arbeidsomset van hierdie sleutelbronne is hoog in beide finansiële en nie-finansiële terme. Daar bestaan dus ’n behoefte om die faktore wat onderliggend is aan die retensiekognisies van kenniswerkers te verstaan. Data is ingesamel van 306 kenniswerkers in voltydse diens wat ’n wye reeks demografiese groeperings verteenwoordig. Die resultate dui daarop dat werktevredenheid en organisasieverbondenheid nie die kenniswerkers se verwagte lengte van diens voorspel nie. Faktorontleding het sewe onderliggende dimensies van retensiekognisies blootgelê. ’n Bondelontleding het nege duidelike bondels van kenniswerkers ten opsigte van hulle retensiekognisies onderskei. Hoë vlakke van individualisme, behoefte aan uitdaging en fokus op persoonlike ontwikkeling is aangedui. Die implikasies van hierdie bevindinge word bespreek.

