The Importance Of Different Leadership Roles In The Strategic Management Process
Abstract
Opsomming
Die soeke na platter, asook meer buigsame, bemagtigde, interafhanklike en responsiewe organisasies in die huidige vinnig veranderende, globale omgewing noodsaak die daarstelling van ’n geïntegreerde stel van leierskaprolle. Die doel van hierdie studie was om ’n Geïntegreerde Leierskap-kampioen Raamwerk (GL-R) voor te stel; en om empiries die belangrikheid van die GL-R vir, asook die belangrikheid van die subrolle van GL-R oor die strategiese bestuursprosesse te bepaal. Die GL-R as ’n volledige leierskapraamwerk kan organisasies in staat stel om hul strategiese bestuursprosesse meer doeltreffend en doelmatig te bestuur. Die empiriese studie toon die belangrikheid van GL-R oorhoofs, asook sy onderskeie leierskapsubrolle vir die strategiese bestuursprosesse.

