The Dominant Management Paradigm In A Transport Parastatal
Abstract
Opsomming
Die doelwit met die navorsing was om die huidige dominante bestuur paradigma in ’n semi-staat vervoer onderneming te bepaal. Verandering vanaf die Industriële na die Informasie Era het ’n gepaardgaande verandering vanaf ’n Bestuur na Leierskap paradigma genoodsaak. Twee-en-sestig bestuurders vanuit die organisasie het ’n vraelys voltooi om hul waarneming van die dominante paradigma in terme van hul verhouding met hul direkte bestuurder sowel as die organisasie as geheel uit te wys. Skynbare teenstrydigheid het te voorskyn gekom. Oorgang na ’n Leierskap paradigma is waargeneem in die verhouding met die direkte bestuurder, terwyl ’n Bestuur paradigma waargeneem word as dominant in die organisasie as geheel.

