The Development Of A Management Error Orientation Questionnaire
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om ’n Bestuursfout Oriëntasie Vraelys (Management Error Orientation Questionniare) te ontwikkel wat as ’n meetinstrument kan dien om die houding van bestuur met betrekking tot foute, in die werksomgewing te bepaal. Die steekproef het uit 232 bestuurders uit ’n verskeidenheid van besigheidsektore bestaan. ’n Faktoranalise op 59 items het drie faktore opgelewer, naamlik die houding aangaande die hantering van foute, die risiko van foute en foutspanning. Die drie faktore is onderwerp aan ’n itemanalise en het aanvaarbare vlakke van betroubaarheid gelewer.

