Suksesbelewing Van Seniorbestuurders Van ’N Groot Finansieële Instelling
Abstract
Opsomming
Daar is onduidelikheid in die literatuur, en in die praktyk, oor wat presies die belewenis van sukses by mense is. Mense ervaar dikwels ’n dissonans tussen uiterlike sukses en innerlike vervulling. Belangrike komponente in die belewing van sukses is in die literatuur geïdentifiseer en in die praktyk getoets om vas te stel tot welke mate interne (intrinsieke) en eksterne (ekstrinsieke) faktore deel uitmaak van die suksesbelewing van senior bestuur in ’n finansiële instelling. Beide stelle faktore is van belang om op ’n gebalanseerde wyse sukses te kan beleef. In hierdie artikel word die bevindings ten opsigte van senior bestuur se suksesbelewing gerapporteer. Die navorsing is met behulp van kwalitatiewe sowel as kwantitatiewe metodologie vanuit Persoonlike en Professionele Leierskapsperspektief ondersoek.

