Is Disruptive Employee Behavior In Export Processing Zones (EPZs) Influenced By Their Employment In Firms Situated In Public Or Private Zones?
Abstract
Opsomming
Die regering se uitvoerprosesseringsbeleid (EPZ) het toegewings in terme van bestaande arbeidswetgewing aan EPZ investeerders gedoen. Hierdie artikel het ten doel om vas te stel of daar ’n verskil bestaan in die werktoestande waaraan werkgewers in die openbare en private sones hulle werknemers blootstel en van watter sone moontlike ontwrigtende gedrag hul oorsprong het. ’n Ewekansige steekproef van 376 werknemers is uit EPZ kledingfirmas in beide die private en openbare sones getrek. Statistiese prosedures is gebruik om moontlike verskille te bepaal. Die bevindinge dui daarop dat werknemers van maatskappy uit private sones aan beter werkstoestande blootgestel is teenoor dié wat uit die publieke sone afkomstige is, wat ook verklaar waarom ontwrigtende gedrag uit die openbare sone onstaan. Dit word aanbeveel dat werktoestande van maatskappye in die openbare sone verbeter word.

