Emotional Wellness And Management Effectiveness Within The Public Healthcare Sector
Abstract
Opsomming
Hierdie artikel rapporteer ’n studie wat onderneem is om werknemers se stand van emosionele welsyn sowel as bestuursdoeltreffendheid binne die openbare gesondheidsdienssektor te ondersoek. Vir hierdie doel is ’n Johannesburgse openbare hospitaal as ’n gevalstudie gebruik. ’n Kwalitatiewe benadering is gebruik, maar daar is besluit om van intermetodiese kruisvalidasie gebruik te maak, sodat die betroubaarheid van die data verhoog kan word. Beide ’n self-voltooiingsvraelys en fokusgroeponderhoude is gebruik as data-insamelingsinstrumente. Ses-enveertig fokusgroeponderhoude is gevoer wat ’n totale groep van 850 werknemers betrek het. ’n Totaal van 388 werknemers het die vraelyste voltooi (responskoers = 32%). ’n Aantal kernvraagstukke wat met bestuursdoeltreffenheid en werknemerwelstand verband hou, is geïdentifiseer. Die bevindinge en hul implikasies sal verder ontgin word.

