Competency Requirements For First-Line Managers
Abstract
Opsomming
Kontinue verandering in die behoeftes van markte vereis effektiewe bestuur van verandering in alle vlakke van organisasies. Eerstelyn bestuurders is direk verantwoordelik daarvoor om aan verwagtinge van kliënte te voldoen, want weerstand teen verandering op hierdie vlak kan tot sub-standaard uitsette aanleiding gee. Die effektiwiteit van veranderingsintervensies in organisasies sal grootliks afhang van die bevoegdheid van eerstelyn bestuurders om die verwagte verandering te weeg te bring met in agneming van weerstand teen verandering. Die doel van hierdie artikel is om bevoegdhede te identifiseer wat eerstelyn bestuurders sal benodig om weerstand te kan hanteer. Die bevindinge is gebaseer op ‘n literatuur studie en funksionele analise.

