The Contribution Of Co-Operative Education In The Growing Of Talent In South Africa: A Qualitative Phenomenological Exploration
Abstract
Opsomming
Organisatoriese talent word internasionaal beskou as ’n sleutelfaktor in ’n kompeterende wêreld en word dus voortdurend aan uitdagings onderwerp. In Suid Afrika stel die nagevolge van Apartheid grootskaalse uitdagings ten opsigte van die ontwikkelings moontlikhede van talentvolle mense. Koöperatiewe onderwys bied, as gestruktureerde opvoedkundige strategie wat progressief akademiese leer met produktiewe werkservaring integreer, ’n geleentheid om die talent van Suid-Afrikaners op te bou. ‘Klasieke’ literatuur word weegegee ten einde die ontoereikende beoefening van koöperatiewe onderwys en ’n gepaartgaande redelike mate van weerstand aan te spreek. Die literatuurstudie identifiseer verder die kerneienskappe van koöperatiewe onderwys en probeer om die vernaamste eienskappe van ’n fenomenologiese studie raak te vat. Die spesifieke ‘fenomene’ waarop die studie fokus, is die bestaande samewerking tussen tersiêre instellings en besigheidsondernemings om mense op te lei en hul talent te ontwikkel. Geselekteerde uitsprake van die deelnemers aan die studie word weergegee en alhoewel daar verskeie tekortkominge rakende die beoefening van koöperatiewe onderwys geïdentifiseer is, verteenwoordig die studie baanbrekerswerk op die terrein van die rol van koöperatiewe onderwys in die ontwikkeling van talent.

