Work-Life Balance: A Study In The Petroleum Industry
Abstract
Opsomming
’n Kwalitatiewe studie is onderneem om vas te stel hoe die werknemers van ’n maatskappy in die petroleumnywerheid die fenomeen van die werk-lewe ewewig definieer en ervaar, om die werkpleksdeterminante van ’n werk-lewe onewewigtigheid te identifiseer en om sekere oplossings vir die probleem aan die hand te doen. Dit is gevind dat werk-lewe ewewig ’n persoonlike saak is wat oor tyd en omstandighede varieer en die ervaarde onderliggende konflik na roloorladingsrolle en -inmenging verwys. Die mees betekenisvolle werk-lewe konflik tree na vore vanuit komplekse werkplekaangeleenthede, insluitende die bestuur van veranderings, toesighoudende en tegniese vaardighede, leierskap, rolle en aanspreeklikheid, asook kultuur. Oplossings om die werkpleksake aan te spreek, asook die ontwikkeling van individuele vaardighede om ’n ewewig teweeg te bring, word voorgestel.

