Leadership Development From A Systems Psychodynamic Consultancy Stance
Abstract
Opsomming
Hierdie navorsing poog om die impak van ‘n leierskapsontwikkelingsprogram wat aangebied is vanuit die sistemiese psigodinamiese perspektief, te evalueer. Die doel was om psigoanalitiese ingeligte leiers te ontwikkel om verandering en transformasie in die gedurige veranderende en transformerende Nuwe Ekonomie netwerk organisasie, te lei. Ten einde dit te bolwerk is. ‘n Groep -verhoudinge-opleidingsprogram is aangebied vir 30 leiers. Kwalitatiewe evaluasie deur van begrondingsteorie gebruik te maak gedurende, die post-intervensie fokus groepe het ‘n groepbewustheid aangedui van psigodinamiese leierskapgedrag soos die regressie na dikwelse patologiese leierskapspersoonlikheidskenmerke, regressie in onbewustelike groep- en organisatoriese prosesse soos die basiese aanname-groep, die koverte-koalisie- en sosiaal-gestruktureerde-verdedigingsisteme teen verandering en transformasie. Insig is ook in die nuwe leierskap rol en die opneem van persoonlike outoriteit in die netwerk organisasie wat moet funksioneer as ‘n sistemiese geheel, bekom. Aanbevelings word gemaak om die leierskapsrol in verandering in terme van vaardighede in die Nuwe Ekonomienetwerkorganisasie, te bevorder.

