"From The Worst To The Best": An Exploratory Qualitative Study Of The Process Of Social Change At A South African Secondary School
Abstract
Opsomming
Die primêre doel van die studie is die beskrywing van ’n organisatoriese verandering by ’n voorheen benadeelde skool in Suid-Afrika se Gauteng Provinsie. Kwalitatiewe metodes is gebruik om data oor die sosiale proses te genereer en te analiseer. Opstelle van betrokkenes by die veranderingsproses oor hulle ervarings het tot belangrike insigte gelei. Hierdie verkennende studie dui op ’n proses wat suksesvol gewerk het om verandering te weeg te bring en hou belofte in vir die ontwikkeling van ’n teoretiese model van hoe verandering in oneffektiewe skole bewerkstellig kan word.

