A Gay Woman’s Experiences During Her Career In The Department Of Defence Part: 1 – Fleet Of Hope
Abstract
Opsomming
’n Unieke geleentheid het hom voorgedoen om ’n ekploratiewe kwalitatiewe studie van die persepsies en ervarings van ’n outentieke lesbiër wat vir ’n tyd lank werksaam was by die Suid-Afrikaanse Departement van Verdediging, te onderneem. Ten einde die vrou se ondervindings en wêreldbeskouings vas te vang, te beskryf en ’n begrip daarvan op te bou, het ons ’n kwalitatiewe methodology benut, dit is, met die samewerking van die vrou, is ’n outobiografiese skets gekonstruuer, en het ons ’n vorm van analitiese induksie en simboliese interaksionisme benut. Ooreenkomstig die vereistes vir kwalitatiewe navorsing verskaf ons in hierdie artikel ’n uiteensetting van die vernaamste stappe wat in die uitvoer van die studie geneem is. In navolging van die Lowney-Winslows AI benadering (1981), is ons daarvan oortuig dat die studie een ware geval daarstel wat ’n spontane begrip van lesbiërs in die Suid- Afrikaanse Weermag aanmoedig. Dit dien naamlik as ’n beginpunt vir verdere navorsing wat hierdie gevallestudie na ’n meer formele implementering van AI, en in die besonder, die uitvoering van stappe 5 tot 7 kan neem. Ons voel oortuig daarvan dat die studie eties behoorlik en wetenskaplik verantwoordelik van staple gestuur is en dat dit ons waardevolle en ryke inligting omtrend lesbinisme en die Suid-Afrikaanse weermag bied. Vir die gerief van die leser word Thando se volledige verhaal aangebied.

