Informal Labour Markets As A Solution For Unemployment In South Africa – A Case Study Of Car Guards In Bloemfontein
Abstract
Opsomming
Die motorwag-industrie in Suid Afrika het onstaan uit die lot van die massa werkloses in die land. Weinig navorsing is al oor die industrie gedoen. Die doelwit van die artikel is eerstens om die gebrek aan navorsing aan te vul en tweedens om te bepaal of die motorwagindustrie ’n oplossing vir die probleem van werkloosheid kan bied. Motorwagte in die studie is oor die algemeen laag geskoold, swak besoldig en werksaam vir lang ure onder moeilike omstandighede. Die meeste het ’n werk in die formele sektor van die ekonomie gehad voordat hulle werkloos geword het. Om ’n motorwag te wees kan nooit ’n oplossing vir werkloosheid wees nie. Opleiding en die ontwikkeling van noodsaaklike vaardighede teen ’n agtergrond van versnelde ekonomiese groei, is uiters noodsaaklik om die gaping tussen die informele en formele sektor te oorbrug.

