Human Resource Management As A Profession In South Africa: Practitioners’ Perspectives
Abstract
Opsomming
Die Menslike hulpbronbestuursfunksie (MHB-funksie) word deur verskeie organisasies gerasionaliseer as gevolg van ’n oënskynlike gebrek aan geloofwaardigheid van die funksie as ’n geheel. In hierdie studie is moontlike redes vir die geloofwaardigheidsprobleem ondersoek en aanbevelings gemaak ten opsigte van wyses waarop die MHB-funksie hierdie uitdaging kan oorkom. Een voorstel impliseer die behoefte om die professionele status van die MHB-funksie te bevorder. Die huidige professionele status van MHB soos gesien vanuit die perspektief van Suid-Afrikaanse MHBpraktisyns (N = 398) is aan die hand van die eienskapgebaseerde metode om die professionele status van ’n beroep te bepaal, geëvalueer. Die bevindinge dui daarop dat ofskoon praktisyns MHB as ’n professie beskou, die MHBfunksie steeds in die vroeë fase van die strewe na ware professionele status is. Ander bevindinge en implikasies word ook bespreek.

