Female Perceptions On Employment Equity: Is The Glass Ceiling Cracking?
Abstract
Opsomming
Die primêre doelwit van hierdie studie was om vas te stel of daar enige perseptuele verskille tussen geslagsgroepe bestaan ten opsigte van werkgelykheidspraktyke. ’n Steekproef van 4729 deelnemers uit verskillende ondernemings en bedrywe het die Employment Equity Questionnaire voltooi. Die resultate van ’n ANOVA het aangedui dat daar beduidende verskille tussen geslagsgroepe bestaan, maar dat slegs ’n klein gedeelte van die variansie aan perseptuele verskille ten opsigte van werksgelykheidspraktyke toegeskryf kan word. Die instrument beskik dus ook ’n mate van diskriminante geldigheid. Verdere ontledings op itemvlak het aangedui dat daar betekenisvolle verskille tussen geslagsgroepe is, maar dat hierdie verskille nie aan geslagstereotipes toegeskryf kan word nie. Spesifieke werkgelykheidspraktyke is geïdentifiseer wat nadere aandag deur die bestuurskader verdien om geslagsdiskriminasie aan te spreek.

