Different Age Groups’ Response To Employment Equity Practices
Abstract
Opsomming
Die fokus van hierdie artikel is op responsverskille met betrekking tot gelyke werkgeleentheidpraktyke binne nege Suid-Afrikaanse maatskappye in verskeie industrieë en ook of die Employment Equity Questionnaire ’n betroubare instrument is om gelyke werkgeleentheidpraktyke te meet. ’n Geleentheidsteekproef van 4729 deelnemers in die veldopname het die sekondêre data vir hierdie studie voorsien. Die Employment Equity Questionnaire het ’n hoë Alfakoëffisiënt van 0,96 opgelewer. Die hoofbevindinge is dat daar verskille in response tussen ouderdomsgroepe bestaan, maar dat slegs ’n klein proporsie van die variansie aan verskille in gelyke werkgeleenthede toegeskryf kan word. In aansluiting hiermee, wys Suid-Afrikaanse maatkappye dieselfde tendens met betrekking tot ouderdomsdiskriminasie as ander lande soos die VSA en Brittanje. Hierdie bevinding moet as ’n kernaanwyser vir proaktiewe maatstawwe beskou word – sodat dieselfde foute van ander lande nie hier herhaal word nie.

