An Evaluation Of Response Scale Formats Of The Culture Assessment Instrument
Abstract
Opsomming
Die doel van die studie was om vas te stel watter responsskaal, van ‘n vier-, vyf-, of sespuntskaal die beste metriese eienskappe sou oplewer op die Kultuurtakseringinstrument. Dit is bereik, deur gebruik te maak van datastelle waar die skale toegepas is. Deelnemers was afkomstig uit verskeie organsisasies, ouderdomsgroepe, opvoedkundige agtergronde, taalgroepe en geslagte. Geen skaal kon gëidentifiseer word met onderskeidende metriese eienskappe nie. Die gebrek aan beduidende resultate word toegeskryf aan die verskille in die opvoedkundige agtergronde van deelnemers, samevoegingseffek, die moonlikheid van verskillende eenhede van meting en die wyse waarop Cronbach Alpha bereken is.

