An intergrated strategic management model to navigate the establishment of transport authorities
Abstract
Opsomming
Hierdie navorsing het gefokus op die strategiese oogmerk vir die vervoerindustrie en ’n literatuuroorsig van Vervoerowerhede op munisipale regeringsvlak. Verteenwoordigende modelle vir strategiese bestuur en veranderingsbestuur, asook Swanepoel (2001) se bestuursmodel wat aangewend word vir die bestuur van verandering in die openbare sektor, word bespreek. ’n Geïntegreerde strategiese bestuursmodel, wat die grondslae van strategiese bestuur en veranderingsbestuur inkorporeer, word voorgestel om die stigting van Vervoerowerhede te stuur. Hierdie bestuursmodel bestaan uit ses fases, naamlik: Bewuswording en Mobilisering; Strategiese Analise en Keuse; Strategie Formulering; Strategie Implementering; Prestasiemonitering en Hersiening; en Stabilisering. Aanbevelings word gemaak rakende die bekragtiging van die model in ’n proefprojek.

